DA betuig meegevoel met die afsterwe van Afrikaanse digter en skrywer, Prof. Hans du Plessis

Issued by Leon Basson – DA Provinsiale leier, Noord Wes
27 Oct 2024 in Press Statements

Die DA in Noord Wes betuig ons innige meegevoel met die afsterwe van die Afrikaanse letterkundige, digter en skrywer, Prof Hans du Plessis.

Du Plessis het nie net diep spore getrap in die gemeenskap van litirêre kunste nie, maar ook in skrywers en lesers se harte.

Sy liefde en passie vir Afrikaanse letterkunde en kultuur spruit uit sy absolute liefde vir skryf sedert sy kinderdae.

Hy het talle jong skrywers gementor en geïnspireer en duisende lesers se harte aangeraak met sy werk.

Die DA wens sy familie en geliefdes vertroosting toe in hierdie moeilike tyd.