Ontstoke inwoners van Tswaing sê genoeg is genoeg!

Issued by Soret Viljoen – DA Raadslid, Tswaing Plaaslike Munisipaliteit
21 Nov 2024 in Press Statements

Nota aan uitsaaiers: Vind aangehede klankgrepe in Afrikaans en Engels deur Soret Viljoen

Inwoners van die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit, insluitend dié in wyke regoor Ottosdal, Letsopa, Delareyville, Sannieshof, Agisanang, Mofofutso, Atamelang, Gannalaagte, Kopela, Vriesgewacht en Khunwana, eis onmiddellike optrede om die waterkrisis, wat deur die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit se versuim om boorgate in stand te hou veroorsaak is, aan te spreek.

Ten spyte van die R159 miljoen ontvang van die Nasionale Tesourie vir hierdie boekjaar, kon die munisipaliteit steeds nie funksionele boorgate verseker nie, wat baie inwoners sonder betroubare toegang tot water gelaat het.

In Delareyville is slegs 4 uit 20 boorgate in werking, en selfs hierdie het gereelde pypleiding barste op die R507, wat die watertoevoer verskeie kere per week ontwrig. Ottosdal het 34 boorgate, met 19 nie-funksioneel. Sannieshof het 13 boorgate, maar 8 werk nie, en 2 is gesluit weens E. coli-besmetting. In Gannalaagte en Kopela is nie een van die 5 en 10 boorgate onderskeidelik in werking nie, terwyl spesiale waterprojekte vir ‘n geruime tyd stilstaan.

Hierdie voortdurende mislukking dwing inwoners om emmers water aan te dra aangesien droë krane huishoudings en besighede daagliks beïnvloed. Die feit dat Tswaing se leierskap, insluitend die munisipale bestuurder Sello Maroga en burgemeester Norah Mahlangu geen reaksie toon op die inwoners se klagtes nie, verhoog verstrasies. Verskeie fotos en video bewyse van die krisis is aangestuur, maar Sello Maroga bly onbewus dat inwoners van Delareyville dae lank sonder water was.

Die DA ondersteun die inwoners se petisie wat vra vir dringende herstelwerk aan alle boorgate voor die feestyd begin. Om ten volle werkende boorgate te verseker, sal die behoefte aan waterrantsoenering uitskakel en konsekwente watertoevoer na krane verskaf.

Die DA sal die inwoners ondersteun deur hul bekommernisse en eise na die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit, Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit, LUR vir COGHTA Molapisi, en premier van Noordwes, Lazzie Mokgosi, te bring. Die petisie sal ook aan die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholho, oorhandig word om aanspreeklikheid en onmiddellike ingryping te eis.