Nota aan Redaksie: Vind aangehegte klankgreep in Afrikaans deur Rdl Chris Hattingh
Die DA in Noordwes sien uit om hierdie Woensdag, 14 Desember 2022 aan die Ditsobotla-tussenverkiesing deel te neem. Ons is vol vertroue in ons kandidate en ernstig oor ons onderneming om die dorpe van Lichtenburg, Itsoseng, Coligny, Bodibe en Tlhabologang te herbou.
Die DA het bekwame en toegewyde kandidate in elk van die 20 wyke regoor Ditsobotla. Ons veldtog is goed ontvang deur inwoners en die mense van Ditsobotla is ongetwyfeld gretig om ‘n positiewe verandering in bestuur en dienslewering onder ‘n DA-geleide plaaslike regering in Ditsobotla te bring.
Ons verkiesingsbedrywighede is 100% gereed om elke enkele DA-kieser hierdie Woensdag by 100 stemlokale uit te bring.
Onlangse eksterne peilings toon dat daar net ’n 11% verskil tussen die DA en die ANC nasionaal is. Verandering is moontlik in Ditsobotla as elke enkele DA-kieser uitkom om te stem.
Hierdie Ditsobotla-tussenverkiesing is ‘n waterskeidingsverkiesing op pad na die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing waar die DA die ANC vir die eerste keer in die demokratiese Suid-Afrika se geskiedenis ver onder 50% gaan druk. Dit sal ‘n nuwe era inlei van ‘n DA-geleide nasionale regering wat die lewens van meer as 60 miljoen Suid-Afrikaners sal verbeter.
Die verwesenliking van ‘n droom van ‘n beter, meer welvarende Suid-Afrika vir almal begin in Ditsobotla op Woensdag 14 Desember 2022. Dit is ‘n opwindende tyd in Suid-Afrikaanse kontemporêre politiek en die DA is opgewonde om aan die voorpunt van hierdie positiewe verandering te wees.
Ons doen ‘n beroep op elke inwoner om DA te stem, om aan te sluit by ons projek om Ditsobotla te herbou. Hierdie week is dit in Ditsobotla. Oor twee jaar herbou ons Suid-Afrika.