NMM Distriksmunisipaliteit steeds ‘n mislukking: Riool loop in die strate van Sannieshof en Ottosdal

Issued by Jóhni Steenkamp – DA Kiesafdelingshoof – Tswaing Plaaslike Munisipaliteit
25 Sep 2024 in Press Statements

Nota to uitsaaiers: Vind asseblief gekoppelde klankgrepe in Engels en Afrikaans deur Jóhni Steenkamp

Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit faal weereens in sy maandaat teenoor die inwoners van Sannieshof en Ottosdal, in die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit.

DA-raadslede en inwoners van Sannieshof en Ottosdal pleit nou al vir jare by die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit om basiese water- en sanitasiedienste te verskaf soos vervat in die Grondwet.

Sowat 1 000 private huise, skole, ouetehuise en besighede betaal maandeliks ‘n munisipale heffing vir septiese tenks om leeg gemaak te word. Die area moet deur ten minste 7 riool ontruimingstrokke gediens word, maar daar is slegs drie beskikbaar om die hele area te bedien wat ‘n massiewe agterstand veroorsaak.

Verskeie pogings deur DA-raadslede in Tswaing en Ngaka Modiri Molema-distrik om die munisipaliteit te waarsku oor die toenemende gevaar omdat die gebiede met riool ontruimingstrokke bedien word nie, het op dowe ore geval.

Omdat inwoners nie kan bad, hul toilette spoel en wasgoed was nie, is hulle nou gedwing om die rou riool met swembadpompe in die strate uit te pomp, wat massiewe gesondheidsrisiko’s inhou.

Die DA sal aan die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Oageng Molapisi, skryf en versoek dat daar onmiddellik aandag gegee word aan die lot van die inwoners in Sannieshof en Ottosdal.