Distrik los Piet Plessis se krane droog tydens hittegolf

Issued by Rdl. Coenrad Herbst – DA-koukusleier, dr. Ruth Segemotsti Mompati-distriksmunisipaliteit
01 Mar 2024 in Press Statements

Nota aan uitsaaiers: Vind asseblief gekoppelde klankgrepe in Engels en Afrikaans deur rdl. Coenrad Herbst.

Die DA het deur ons lid in die Nasionale Raad van Provinsies, Carin Visser LP, ‘n mosie in die raad ter tafel gelê om ‘n beroep op die Noordwes se departement van water en sanitasie en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake te doen om dringend in te gryp in die dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit se versuim om water aan inwoners van Piet Plessis te verskaf, wat onder ‘n hittegolf gebuk gaan sonder toegang tot ‘n druppel water. Sien mosie hier.

Die distrik is die water- en sanitasieowerheid wat grootmaat watervoorsiening aan die dorpe van Kagisano Molopo-plaaslike munisipaliteit moet verskaf. Die watertoevoer na Piet Plessis is om verskeie redes onderbreek.

Eskom het na bewering die elektrisiteitstoevoer na ‘n boorgatpomp afgesny weens wanbetaling van die Eskom-rekening. Sedibeng/Magalies Water, wat die grootmaat waterverskaffer aan die distrik is, het die watertoevoer afgesny weens die distrik se uitstaande skuld van R800 miljoen. Laastens, versuim die pompoperateurs om die dieselpompe gereeld aan te skakel.

Piet Plessis-inwoners, veral kinders en bejaardes, word erg geraak deur die huidige hittegolf wat ondraagliker word deur die gebrek aan toegang tot water. Beeste ly ook aan dors en het in mense se werwe begin rondloop op soek na drinkwater.

Die DA het aan die distrik se munisipale bestuurder, Ronnie Itumeleng Jonas, geskryf en versoek dat hy dadelik aandag gee aan die saak om te verseker dat die grootmaat watertoevoer na die gemeenskap herstel word. Ons het ook versoek dat watervragmotors uitgestuur word totdat die grootmaat watertoevoer herstel is. Sien brief hier.

Vanjaar is ‘n stem vir die DA ‘n stem vir skoon drinkwater regdeur Noordwes. Ons doen ‘n beroep op alle inwoners om saam met ons hande te vat sodat ons, ons land en ons provinsie kan red van die ANC se versuim om selfs die mees basiese dienste, soos skoon water, te lewer, sodat ons die infrastruktuur en watervoorsiening aan alle gemeenskappe kan herbou en herstel.