ANC-beheerde Tswaing verontagsaam inwoners tydens GOP-vergadering

Issued by Soret Viljoen – DA Caucus Leader, Tswaing Local Municipality
22 Apr 2024 in Press Statements

Nota aan Uitsaaiers: Vind asseblief gekoppelde klankgrepe in Engels en Afrikaans deur rdl. Soret Viljoen.

Die DA in die Tswaing-plaaslike munisipaliteit is bekommerd oor die ANC-beheerde administrasie se versuim om alle lede van die publiek by ‘n geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning (GOP) en begrotingsvergadering op 17 April 2024 in te sluit deur slegs sekere raadslede en inwoners te nooi om deel te neem.

Die vergadering was veronderstel om die tariefverhogings te bespreek wat op 1 Julie 2024 geïmplementeer moet word. ‘n Dag voor die vergadering is ‘n voorgestelde agenda slegs op WhatsApp aan ANC-raadslede gestuur. Geen amptelike uitnodiging is aan raadslede gestuur om alle inwoners na die vergadering uit te nooi nie.

Die DA kan bevestig dat die beoogde tariefverhogings nie deur raadslede gesien is tydens die raadsvergadering op 27 Maart 2024 nie. Die Speaker, rdl. Sam Letlhakane, en geskorste munisipale bestuurder, Deon Mere, het belowe om die tariefverhogings aan alle raadslede te stuur. Tot op hede is niks ontvang nie.

Dit is duidelik dat die ANC van plan is om weer hul meerderheid te misbruik om hulself en hul mede-kaders te bevoordeel.

Die DA het aan die uitvoerende burgemeester, rdl. Norah Mahlangu, die waarnemende munisipale bestuurder, Thabo Meerken, en Speaker Letlhakane geskryf om die agenda vir die GOP-vergadering aan te pas en om amptelike uitnodigings aan alle raadslede, belastingbetalers en besighede te stuur om te verseker alle gemeenskapslede betrek word by besluite wat hulle raak.

Die DA sal nie toelaat dat die ANC ‘n openbare deelnameproses misbruik vir sy eie gewin nie.

Inwoners het ’n geleentheid om die ANC uit te skop en op 29 Mei vanjaar ’n DA-regering in te stem omdat ons die enigste party is met ’n bewese rekord van goeie bestuur en dienslewering.