DA begin petisie om swak dienslewering in die Mahikeng-nywerheidsgebied in die kollig te plaas

Issued by Joe Motau – DA Raadslid, Mahikeng Plaaslike Munisipaliteit
30 Apr 2021 in Press Statements

Nota aan die redaksie: Vind aangeheg klankgreep in Engels deur DA-raadslid van Mahikeng Plaaslike Munisipaliteit, Joe Motau. 

Die Demokratiese Alliansie (DA) in Mahikeng het vandag ‘n aanlyn petisie teen die Mahikeng Plaaslike Munisipaliteit begin om hul versuim om slaggate reg te maak, vullis te verwyder en die rioolstelsel in die stad se industriële terrein te onderhou, in die kollig te plaas. (Teken hier: https://petitions.da.org.za/p/service-delivery-at-mahikengs-industrial-site )

Die nywerheidsgebied huisves die meerderheid van Mahikeng-besighede en dien as die ekonomiese middelpunt van die provinsiale hoofstad.  

Die massiewe slaggate maak nie net toegang tot ondernemings in hierdie gebied byna onmoontlik nie, maar dien ook as damme vir vloeiende rou riool weens die gebrek aan onderhoud aan die rioolstelsel. (Sien foto’s hier en hier)

Hierdie situasie is ‘n afweermiddel vir klante en hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in, wat die plaaslike ekonomie van Mahikeng negatief beïnvloed.  

Besigheidseienaars betaal belasting wat aangewend moet word om basiese dienslewering soos vullisverwydering te finansier, maar dit is nie die geval nie. Besighede wat al langer as tien jaar hier bedryf word, het nog nooit die voorreg van so ‘n basiese diens geniet nie.  

Dit is jammer dat die ANC-beheerde hoofstad die plaaslike nywerheidsgebied tot in ‘n toestand van verval verwaarloos het. Elke hoofstad wat die naam werd is, behoort trots te wees op die lewering van basiese dienste van hoë gehalte. Mahikeng is veronderstel om ‘n voorbeeld te wees van ‘n stad wat beleggers lok vir ekonomiese groei en werkskepping, maar dit is duidelik nie ‘n prioriteit vir die ANCbestuurde munisipaliteit nie.   

Hierdie uitdagings is egter nie beperk tot die nywerheidsgebied nie. Die inwoners van Mahikeng ly al jare onder ‘n wanfunksionele munisipaliteit wat gewikkel is in ANC-faksiegevegte en wanadministrasie.  

Die inwoners van Mahikeng verdien ‘n regering wat hul behoeftes eerste sal stel deur die dienste te lewer waarop hulle grondwetlik geregtig is.  

Op 27 Oktober 2021 kan inwoners ‘n einde maak aan die mislukte regering van die ANC deur te stem vir ‘n korrupsie-vrye regering wat slegs die DA kan bied.