DA in NW gereed om regsproses van plaasaanvalle te moniteer

Issued by Jacqueline Theologo LPW – DA Noordwes Woordvoerder oor Landbou en Landelike Ontwikkeling
06 Jul 2020 in Press Statements

Opmerking aan redakteurs: Vind aangehegte klankgrepe in Engels en Afrikaans deur DA Noordwes-woordvoerder oor Landbou en Landelike Ontwikkeling, Jacqueline Theologo.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in Noordwes sal, na verskeie  plaasaanvalle wat die afgelope twee weke in die Brits-omgewing plaasgevind het, alle verrigtinge vanaf die inhegtenisneming van verdagtes tot die vervolging deeglik moniteer om te verseker dat oortreders gevonnis en opgesluit word.

Dìt is in ooreenstemming met die onlangse nasionale bekendstelling van hof moniteringseenhede wat verantwoordelik is vir die monitering van alle hof prosesse wat verband hou met plaasaanvalle. Hierdie eenhede is aanvanklik deur die Departement van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap inisieer.

In oorleg met die polisie, die hof en die slagoffers van plaasaanvalle, beoog ons om die verrigtinge te fasiliteer om vinnige, regverdige uitkomste vir alle betrokkenes te bereik.

In twee afsonderlike voorvalle is boere en werkers van Kareepoort en Kleinfontein naby Brits Vrydag aangeval, vermoedelik deur dieselfde vier mans.

Net ‘n week tevore het Johan en Susan Breedt dieselfde oorgekom op hul plaas, ook in die Brits-omgewing. Die spoedige reaksie van lede van die Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) en die gemeenskap het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes, maar arrestasies lei selde tot gevangenisstraf, wat die implementering van die moniteringseenhede van kardinale belang maak.

Plaasaanvalle kom veral in die Brits-streek voor, en solank misdadigers nie tot verantwoording gebring word nie, sal gemeenskappe uitgelewer wees aan genadelose aanvallers.

Aanvallers maak gereeld gebruik van gesteelde vuurwapens en gevolglik het die DA skriftelike vrae aan die LUR vir Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoer, Sello Lehari, gerig om inligting te verkry oor die aantal vuurwapens wat tydens plaasaanvalle en -moorde as gesteel aangeteken is sedert die jaar 2010 en hoeveel van hierdie vuurwapens teruggevind is.

Vir die DA se moniteringsprojek is die volgende nege provinsiale hoofde gereed om gemeenskappe by te staan in situasies wat verband hou met plaasaanvalle: 

Noordwes

Jacqueline Theologo MPL – Theologoj@da.org.za 

Noord-Kaap

Dr Reinette Liebenberg MPL – netabsamail@gmail.com 

Vrystaat

Dr Roy Jankielsohn MPL – roy@da.fs.org.za 

Limpopo

Jacques Smalle MPL – jacquessmalle@gmail.com 

Wes-Kaap

Dr Ivan Meyer LPP – Ivan.Meyer@westerncape.gov.za 

Oos-Kaap

Annette Steyn-LP – anett@xsinet.co.za 

KwaZulu-Natal

Chris Pappas MPL – PappasC@mpl.org.za 

Mpumalanga

Bosman Grobler MPL – bosmangrobler@yahoo.com 

Gauteng

Adrian Roos-LP – dadrianroos@gmail.com