DA verwelkom Departement van Landbou se besluit om moratorium op veilings te lig

17 Feb 2020 in Press Statements

Die Demokratiese Alliansie (DA) in Noordwes is verheug oor die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se aankondiging dat die moratorium op vee- en wildveilings gelig word.

Dit volg nadat die uitbreek van Bek-en-Klouseer (BKS) in Limpopo verlede jaar daartoe gelei het dat ‘n moratorium geplaas is op veilings in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo.

Die landbousektor en wildbedryf is Noordwes se grootste ekonomiese dryfveer en daarom is dit noodsaaklik dat alle voorsorgmaatreels getref word om te voorkom dat hierdie hoogs aansteeklike siekte versprei.

Die uitbreek van BKS hou ‘n ernstige bedreiging vir die landbousektor in en daarom moet die nodige hulpbronne beskikbaar gestel word om die voorkoming van die verspreiding van BKS te verhoed om sodoende voedselsekuriteit in die provinsie te verseker. 
 

Die DA sal in noue kontak bly met landbouorganisasies soos Agri Noordwes, Transvaalse Landbou Unie (TLU), Voerkraalvereniging, Rooivleisprodusente Organisasie en ander belanghebbendes, in ‘n poging om die verspreiding van BKS help bekamp.